Vrydag 10 November 2023 ry ons gropei tot by Ferdinand (stapleier) se huis om daar te oornag voor ons vroeg Saterdag Turret piek toe vertrek. Ons begin lekker vroeg stap Saterdagoggend, ook maar goed, want dis ‘n lekker steil pad tot bo. Genadiglik is daar lekker swempoele so derde van onder. Ons stap Saterdagmiddag van die grot, waar ons oornag, tot by die piek. Dis ‘n absulute moet, want wat ‘n wonderwêreld van rotsformasies en gate en skeure….Saterdag slaap die meeste in die grot, terwyl so paar buite in tente oornag. Sondagoggend klim Ferdinand en Wilfred tot bo-op die Turret en daarna keer ons lkker moeg terug huis toe. Om Turret piek te besoek moet jy ‘n spesiale permit kry by Bergklub Suid Afrika se Kaapstad kantoor.